Hebreërs 3:4-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat voortdurend alles bou, is God.

5. Moshe was as ’n dienskneg toevertrou met die hele huis, tot getuienis van wat nog deur Hom gesê sou word,1 Kor 3:16-17

6. maar Die Gesalfde Een as Seun oor Sy huis. Ons is Sy huis as ons die vrymoedigheid en die trots van Sy goeie Boodskap tot die einde toe vashou.

7. Omdat die Gees van Afsondering sê: “Vandag as julle Sy stem hoor,

8. verhard nie julle verstand, wil en emosie om Hom kwaad te maak, soos hulle wat rebels is en soos in die dag van die toetsing in die wildernis,

Hebreërs 3