Hebreërs 12:9-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. As ons ons vleeslike vaders, wat ons na die menslike liggaam dissiplineer, respekteer; hoeveel te meer is ons nie verskuldig om ons aan ons geestelike Vader te onderwerp nie en ons sal lewe?

10. Want húlle het ons wel ’n kort tydjie, soos hulle wil, gedissiplineer, maar God tot ons voordeel sodat ons kan deel in Sy Afgesonderdheid.Spr 15:31-33; Ya’a 3:18

11. Elke dissiplinering, die oomblik wat dit gedoen word, lyk egter nie na ’n saak van blydskap nie, maar van treurigheid, maar later lewer dit vrugte van vrede en van onpartydige opregtheid op, deur dié wat deur Hom afgerig is.Yes 35:3

12. Versterk daarom jou hande en versterk die lam knieëSpr 4:26 sodat die lede wat kreupel is, nie wegval nie, maar gesond gemaak word.

13. en maak reguit paaie vir julle voete

14. Jaag vrede na met elke mens en jaag afsondering na, waarsonder niemand ons Meester sal sien nie.Deut 29:18 ranke voortbring en jou skade aandoen en baie hierdeur besoedel word nie,

15. Wees waaksaam dat niemand onder julle, sonder die onverdiende guns van God gevind word nie of dat ’n wortel van bitterheid

16. of dat iemand onder julle as seksuele oortreder en losbandig gevind word, soos `Esav, wat vir een maaltyd sy eersgeboortereg verkoop het, nie,

17. want julle weet dat hy, toe hy daarna die seën wou erf, verwerp is omdat hy geen herstel gevind het nie, al het hy dit met trane gesoek.

18. Hulle het nie nader gekom na die vuur wat brand en wat aangeraak kan word nie en ook nie na die duisternis, die donker mis, of die storm,

19. die klank van die ramshoring en die geluid van stemme, wat die hoorders verwerp het, dat dit nie bygevoeg sou word om met hulle te praat nie,Eks 19:12-13

20. want hulle kon niks van die opdrag verdra nie: “selfs as ’n dier die berg aanraak, moes dit gestenig word.”Deut 9:19

21. So vreeslik was die gesig dat Moshe gesê het: “Ek is bang en wankelend.”Yeg 40:2

22. Julle het egter gekom by die berg Tziyon en die stad van die lewende God, die hemelse Yerushalayim en vergadering van tien duisende engele,

23. by die gemeente van eersgeborenes wat in die hemel opgeskrywe is en by God, die Regter van almal en by die geeste van die onskuldiges wat volmaak gemaak is

24. en by Yeshua, die Tussenganger van die nuwe verbond en die sprinkeling van bloed wat duideliker praat as dié van Hevel.

25. Pas op, daarom, dat julle Hom wat met julle praat, nie verwerp nie, want as húlle wat Hom verwerp, nie ontvlug het toe Hy op aarde met hulle gepraat het nie, hoeveel te meer óns wat Hom verwerp, nou dat Hy vanuit die hemel praat;Hag 2:6; Mat 24:29; Mar 13:25

26. Wie se stem die aarde geskud het, maar nou het Hy belowe en gesê: “Nog een maal sal Ek nie alleen die aarde skud nie, maar ook die hemel.”

Hebreërs 12