Havakkuk 3:10-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Die berge het U gesien en het gebewe; die neerslag van water het verbygespoel. Die ondergrondse waters verhef sy stem, dit steek sy hande hoog op.

11. Son en maan het in hul plekke bly staan; hulle het weggegaan in die lig van U pyle, in die helderheid van U glansende spies.

12. In verontwaardiging het U deur die aarde marsjeer; in woede het U die nasies vertrap.

Havakkuk 3