Havakkuk 1:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die profetiese visioen wat Havakkuk, die profeet, gesien het:

2. Hoe lank, o יהוה, sal ek om hulp roep en U hoor nie? Ek roep uit tot U: “Geweld!” Tog red U nie.

3. Waarom laat U my onregverdigheid sien en laat my kyk na boosheid? Ja, verwoesting en geweld is voor my; daar is stryd en twis styg op;

4. daarom word die wet geïgnoreer en die regverdige oordeel word nooit toegepas nie, want die bose omsingel die regverdige; daarom kom die reg verdraaid uit.Hand 13:41

Havakkuk 1