1. Sha’ul, wat steeds dreigemente en moord geblaas het teen die studentevolgelinge van ons Meester,
2. het van die hoofpriester briewe gevra aan die bymekaarkomplekke in Dammesek sodat, as hy mense sou kry wat van die Weg was, manne, sowel as vroue, hy hulle vasgebind na Yerushalayim kon bring.
3. Op die pad, naby Dammesek, is hy skielik omring met ’n helder lig vanuit die hemel.