Handelinge 7:41-56 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

41. Hulle het in daardie dae ’n kalf gemaak en aan die afgodsbeeld ’n offer gebring en hulle in die werke van hulle hande verheug,Yir 19:13 soos geskrywe is in die boekrol van die profete: ‘Huis van Yisra’el, dit is nie vir My dat julle slagoffers en offers gebring het gedurende veertig jaar in die wildernis nie!

42. maar God het Hom omgedraai en hulle oorgegee om die sterre van die hemel te aanbid,Yeg 20:7-26 Ek sal julle in ballingskap tot anderkant Bavel wegvoer.’`Am 5:25-27

43. Julle het die tent van Molek saamgevat en die ster van julle god Kiyun (Remfan), die beelde wat julle gemaak het, om te aanbid.

44. Die tent van die Getuienis was onder ons vaders in die wildernis, net soos Hy, wat met Moshe gepraat het, hom beveel het om dit te maak volgens die bloudrukplan wat hy gesien het,

45. wat deur ons vaders ontvang is en saam met Y’hoshua ingebring is in die land wat hulle in besit geneem het van die nasies, wat God voor ons vaders uitgedryf het, tot op die dae van Dawid,

46. wat onverdiende guns gekry het voor God en gevra het om ’n blyplek vir die God van Ya’akov te voorsien.

47. Shlomo het ’n huis vir Hom gebou,

48. maar Ha’Elyon (die Allerhoogste) bly nie in mensgemaakte tempels nie, net soos die profeet sê:

49. ‘Die hemel is My troon en die aarde die voetstoel vir My voete. Waar is die huis wat julle vir My sal bou, sê יהוה, of waar is die plek van My rus?Yes 66:1-2

50. Het My hand nie al hierdie dinge gemaak nie?’Eks 32:9; Eks 33:3,5 en onbesnedenes van verstand, wil, emosie en ore,Lev 26:41; Yir 6:10; Yir 9:25 julle hou aan om altyd die Gees van afsondering teë te staan.Yes 63:10 Net soos julle vaders, so doen julle ook.

51. Julle hardnekkiges

52. Watter een van die profete is nie deur julle vaders vervolg nie? Hulle het dié gedood wat vooraf die koms van die Onskuldige aangekondig het, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het;

53. julle wat die wet deur die bemiddeling van engele ontvang het en dit tog nie gehoorsaam het nie!”

54. Toe hulle dit hoor, was hulle na verstand, wil en emosie woedend en het op die tande gekners oor hom,

55. maar hy, vol van vertroue en die Gees van Afsondering, het aanhou kyk na die hemel en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God gesien en Yeshua wat staan aan die regterhand van GodPs 110:1

56. en hy het gesê: “Let op, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan.”

Handelinge 7