Handelinge 6:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In daardié dae, toe die studentevolgelinge vermeerder het, het daar ’n klagte vanaf die Hellenistiese studentevolgelinge teenoor die Hebreërs ontstaan dat hulle weduwees in die daaglikse versorging oorgesien is.

2. Toe het die twaalf afgevaardigdes die hele vergadering van studentevolgelinge bymekaargeroep en gesê: “Dit is nie aanvaarbaar dat ons die boodskap van God nalaat, om tafels te bedien nie.

3. Soek daarom, my broers en kies sewe manne vanuit julle, waarop die getuienis is, vol van die Gees van יהוה en wysheid, wat ons oor hierdie saak sal aanstel

4. en ons sal voortgaan in gebed en die voortdurende bediening van die boodskap.”

5. Die gedagte het byval gevind by almal en hulle het gekies: Stefanos, ’n man vol van die Gees van Afsondering en vertroue, Filippos, Progoros, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaos, ’n proseliet uit Antiogeia.

6. Hulle het hulle voor die afgevaardigdes laat staan en nadat hulle gebid het, het hulle hul die hande opgelê.

7. Die boodskap van God het versprei en die getal studentevolgelinge het vinnig vermeerder in Yerushalayim en baie priesters het gehoorsaam geword aan die waarheid.

Handelinge 6