1. ’n Man met die naam van Gananyah het, saam met sy vrou Shappirah, ’n eiendom verkoop
2. en, met die medewete van sy vrou, van die prys teruggehou en ’n sekere deel gebring en aan die voete van die afgevaardigdes neergesit.
3. Shim’on sê vir hom: “Gananyah, waarom het die Teëstander jou verstand, wil en emosie hierdeur volgemaak om vir die Gees van Afsondering te lieg en om van die prys van die grond terug te hou?