Handelinge 26:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Agrippus sê toe vir Sha’ul: “Jy het toestemming om vir jouself te praat.” Toe steek Sha’ul sy hand uit en verantwoord homself en sê:

2. “Ek ag myself gelukkig, koning Agrippus, dat ek my vandag voor u gaan verantwoord in verband met alles waarvan ek deur die Jode beskuldig word,

3. veral omdat ek weet dat u bekend is met al die vraagstukke en die wette van die Jode; daarom versoek ek u om my geduldig aan te hoor.

4. My lewe van my jeug af, in my land en in Yerushalayim, ken al die Jode, as hulle daarvan wil getuig

5. omdat hulle my van dié tyd af geken het, hoe ek volgens die leer van die Fariseërs geleef het.

Handelinge 26