Handelinge 20:35-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

35. Ek het julle in alles gewys dat ons, deur so te werk, die swakkes moet help en die boodskap van ons Meester Yeshua moet onthou, dat Hy gesê het: ‘Sy seën is vir hom wat gee, meer as vir hom wat ontvang’.”

36. Nadat hy dit gesê het, het hy gekniel en saam met almal wat by hom was, gebid.

37. Almal het baie gehuil en Sha’ul om die nek geval en hom gesoen,

Handelinge 20