Handelinge 20:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nadat die oproer verby was, het Sha’ul die studentevolgelinge na hom toe laat kom, hulle vertroos, gesoen en na Makedonia vertrek.

2. Nadat hy deur daardie streke gegaan en hy hulle met baie boodskappe bemoedig het, het hy in Griekeland gekom,

3. waar hy drie maande gebly het. Toe die Jode teen hom saamgesweer het terwyl hy juis na Sirië wou afvaar, het hy besluit om deur Makedonia terug te gaan.

4. Tot in Asië het Sopatros van Beroia, hulle van Thessalonike, Aristargos en Sekundos, Timotheos en Gaios van Derbe, saam met hom gegaan, maar Tugikos en Trofimos, vanuit Asië,

5. het vooruitgegaan en in Troas op ons gewag.

6. Ná die ‘Dae van die Ongesuurde Brode’ het ons van Filippi af geseil en in vyf dae by hulle in Troas gekom, waar ons sewe dae lank gebly het.

Handelinge 20