5. Daar het ook in Yerushalayim manne gebly wat God respekvol gevrees het, Jode uit elke nasie wat onder die hemel is.
6. Toe daardie stemme kom, het ’n groot skare mense saamgedrom en was verward, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal praat.
7. Hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: “Let op, is almal wat daar praat, dan nie van die Galil nie
8. en hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie geboortetaal?”
9. (Parthiane, Mede, `Eilamiete (Perse), die inwoners van `Aram Naharayim, Y’hudah, Kappadokia en van die streke van Pontos en Asië,
10. van die streke van Frugia, Pamfulia, Mitzrayim en van die streke van Libue wat naby Kurene is en hulle wat gekom het van Rome, Jode sowel as proseliete,
11. vanaf Krete en Arabiere.) “Let op, ons hoor hulle in ons eie tale oor die groot dade van God praat!”
12. Hulle was almal verbaas en verward en sê die een vir die ander: “Wat is hierdie gebeurtenis?”
13. Ander het met hulle gespot en gesê: “Hulle het nuwe wyn gedrink en is dronk.”
14. Na dit het Shim’on Kefa opgestaan, saam met die elf afgevaardigdes en sy stem verhef en vir hulle gesê: “Joodse manne en almal wat in Yerushalayim bly, verstaan wat dit beteken! Luister na my woorde,
15. want hulle is nie dronk soos julle aanneem nie omdat dit maar die derde uur (negeuur in die oggend) is, maar let op,
16. hiérdie is wat deur die profeet Yo’el gesê is:
17. ‘Dit sal gedoen word in die laaste dae, sê God: Ek sal My Gees uitstort op alle mense en julle seuns en julle dogters sal profeteer en julle jongmense sal visioene sien en julle oumense sal drome droom
18. en ook op My slawe en slavinne sal Ek in dié dae van My Gees uitstort en hulle sal profeteer.
19. Ek sal tekens bo in die hemel gee en wondertekens onder op die aarde: bloed, vuur en rookwolke.
20. Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en ontsagwekkende dag van יהוה komYo’el 2:28-32
21. en dit sal wees dat elkeen wat die Outoriteit en Karakter van יהוה aanroep, sal lewe.’
22. Manne van Yisra’el, luister na hierdie boodskap! Yeshua, van Natzeret, die Man wat vanaf God aan julle verskyn het met magtige dade, tekens en wonderwerke, wat God, soos julle self weet, deur Sy hand onder julle gedoen het;