Handelinge 2:1-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe die dae tot by die Fees van weke (Shavu’ot)Eks 19:16-18

2. en daar kom skielik uit die hemel ’n klank soos van ’n magtige stormwind en dit het die hele huis, waarin hulle gesit het, gevul.

3. Daar verskyn aan hulle tonge soos van vuur, wat self verdeel en op elkeen van hulle gaan sitNum 11:29; Yeg 39:29; Luk 24:49 en het begin praat in verskillende tale, soos die Gees aan hulle gegee het om te praat.

4. en hulle is almal volgemaak met die Gees van Afsondering

5. Daar het ook in Yerushalayim manne gebly wat God respekvol gevrees het, Jode uit elke nasie wat onder die hemel is.

6. Toe daardie stemme kom, het ’n groot skare mense saamgedrom en was verward, want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal praat.

7. Hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: “Let op, is almal wat daar praat, dan nie van die Galil nie

8. en hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie geboortetaal?”

9. (Parthiane, Mede, `Eilamiete (Perse), die inwoners van `Aram Naharayim, Y’hudah, Kappadokia en van die streke van Pontos en Asië,

10. van die streke van Frugia, Pamfulia, Mitzrayim en van die streke van Libue wat naby Kurene is en hulle wat gekom het van Rome, Jode sowel as proseliete,

11. vanaf Krete en Arabiere.) “Let op, ons hoor hulle in ons eie tale oor die groot dade van God praat!”

12. Hulle was almal verbaas en verward en sê die een vir die ander: “Wat is hierdie gebeurtenis?”

13. Ander het met hulle gespot en gesê: “Hulle het nuwe wyn gedrink en is dronk.”

14. Na dit het Shim’on Kefa opgestaan, saam met die elf afgevaardigdes en sy stem verhef en vir hulle gesê: “Joodse manne en almal wat in Yerushalayim bly, verstaan wat dit beteken! Luister na my woorde,

15. want hulle is nie dronk soos julle aanneem nie omdat dit maar die derde uur (negeuur in die oggend) is, maar let op,

16. hiérdie is wat deur die profeet Yo’el gesê is:

17. ‘Dit sal gedoen word in die laaste dae, sê God: Ek sal My Gees uitstort op alle mense en julle seuns en julle dogters sal profeteer en julle jongmense sal visioene sien en julle oumense sal drome droom

Handelinge 2