Handelinge 11:8-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Ek het geantwoord: ‘Nooit nie, my Meester, want ek het nog nooit iets vuils of onrein geëet nie.’

9. Die stem het weer uit die hemel geantwoord: ‘Wat God rein gemaak het, mag jy nie vuil ag nie.’

10. Dit het drie maal gebeur en alles is weer opgetrek in die hemel in

11. en dadelik sien ek drie manne, wat van Kaisareia af na my toe gestuur is, voor die ingang staan waar ek gebly het.

12. Die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan sonder om te twyfel. Hierdie ses broers het ook saam met my gegaan en ons het in die man se huis ingegaan

13. en hy het aan ons verduidelik hoe die boodskapper in sy huis verskyn en vir hom gesê het: ‘Stuur manne na Yafo en laat vir Shim’on haal, wat ook Kefa genoem word,

14. wat vir jou woorde sal bring waardeur jy en jou hele huis lewe sal ontvang.’

15. Terwyl ek daar besig was om te praat, het die Gees van Afsondering op hulle gekom net soos in die begin op ons

16. en ek is herinner aan die woord van die Meester, dat Hy gesê het: ‘Yoganan het met water gedoop, maar julle sal met die Gees van Afsondering gedoop word.’

Handelinge 11