Handelinge 11:26-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

26. en toe hy hom kry, het hy hom saam met hom na Antiogeia gebring en hulle het ’n hele jaar lank as een saam in die gemeente bymekaargekom en baie mense geleer en die studentevolgelinge is in Antiogeia vir die eerste keer ‘volgelinge van Die Gesalfde Een’ genoem.

27. In dié dae het daar profete van Yerushalayim na Antiogeia afgekom

28. en een van hulle met die naam van Agav het opgestaan en deur die Gees te kenne gegee dat daar ’n groot hongersnood oor die hele land sou kom, wat ook gebeur het onder keiser Klaudios.

29. Die studentevolgelinge het besluit dat elkeen van hulle na sy vermoë iets sou stuur tot versorging van die broers wat in Y’hudah bly,

Handelinge 11