Handelinge 10:44-48 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

44. Terwyl Shim’on besig was om te praat, het die Gees van Afsondering op almal wat die boodskap gehoor het, gekom

45. en die broers vanuit die besnydenis, wat saam met Shim’on gekom het, was verstom en verbaas dat die geskenk van die Gees van Afsondering ook oor die ander nasies uitgestort is,

46. want hulle het gehoor hoe hulle in verskillende tale praat en God grootmaak en Shim’on sê:

47. “Niemand kan die water keer dat hierdie mense, wat net soos ons die Gees van Afsondering ontvang het, gedoop word nie.”

48. Toe het hy beveel dat hulle gedoop moet word in die Karakter en Outoriteit (Naam) van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een. Hulle het hom toe gevra om nog ’n paar dae te bly.

Handelinge 10