Handelinge 10:42-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

42. Hy het ons beveel om aan die mense te verkondig en te getuig dat dit Hy is wat deur God aangestel is as Regter van wat lewe en wat dood is.

43. Van Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom vertrou, vergifnis van sondes deur Sy Karakter en Outoriteit (Naam) sal ontvang.”

44. Terwyl Shim’on besig was om te praat, het die Gees van Afsondering op almal wat die boodskap gehoor het, gekom

45. en die broers vanuit die besnydenis, wat saam met Shim’on gekom het, was verstom en verbaas dat die geskenk van die Gees van Afsondering ook oor die ander nasies uitgestort is,

46. want hulle het gehoor hoe hulle in verskillende tale praat en God grootmaak en Shim’on sê:

Handelinge 10