Handelinge 10:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daar was in Kaisareia ’n sekere man met die naam van Kornelios, ’n kaptein oor honderd van die leërafdeling wat ‘Italiaans’ genoem is.

2. Saam met sy hele huis was hy onpartydig opreg en het God aanbid en het baie deur omgee gesorg vir die mense en het altyddeur leiding van God gevra.

3. Hy het in ’n gesig omtrent drie-uur die middag duidelik ’n boodskapper van God na hom toe sien kom wat vir hom sê: “Kornelios!”

4. Hy het die oë baie bang op hom gehou en gesê: “Wat is dit, my meester?” Toe antwoord hy hom: “Jou gebede en jou dade van omgee het voor God in herinnering gekom.

Handelinge 10