11. “So sê יהוה-Tzva’ot: “Vra nou die priesters vir ’n uitspraak:
12. ‘As iemand afgesonderde vleis in die vou van sy kleed dra en hy sou aan brood of iets wat gekook is, of wyn of olie of watter spys ook al, raak met sy vou, sal dit afgesonderd word?’” Die priesters het geantwoord: “Nee.”
13. Toe sê Haggai: “As iemand wat deur ’n lyk onrein is, aan al hierdie dinge sou raak, sal dit onrein wees?” Die priesters het geantwoord: “Dit sal onrein word.”
14. Toe antwoord Haggai: “’Só is hierdie volk en só is hierdie nasie in My Teenwoordigheid,’ verklaar יהוה, ‘en só is elke werk van hulle hande en wat hulle dáár offer, onrein.
15. Beoordeel egter nou van hierdie dag af terug: voordat ’n steen op ’n ander gelê is in die tempel van יהוה,
16. vanaf daardie tyd, wanneer iemand by ’n koringmied van twintig maat gekom het, was daar net tien; wanneer hy by die parskuip gekom het om vyftig mates te skep, was daar net twintig.
17. Ek het julle en al die werk van julle hande swaar getref met stormende winde, muf en hael; nogtans het julle nie na My toe gekom nie,’ verklaar יהוה.
18. ‘Gee vanaf die vier en twintigste dag van die negende maand, van hierdie dag af aandag; vanaf die dag dat die tempel van יהוה opgestel is, oorweeg dit.