12. Toe het Z’rubavel, die seun van Sh’alti’el en Y’hoshua, die seun van Y’hotzadak, die hoofpriester en die hele volk wat oorgebly het, die stem van יהוה, hulle God en die woorde van Haggai, die profeet, gehoorsaam, soos יהוה, hulle God, hom gestuur het. Die volk het יהוה respekvol gevrees.
13. Toe het Haggai, die boodskapper van יהוה, volgens die opdrag van יהוה met die volk gepraat en gesê: “’Ek is by julle,’ verklaar יהוה.”
14. יהוה het die gees van Z’rubavel, die seun van Sh’alti’el, goewerneur van Y’hudah en die gees van Y’hoshua, die seun van Y’hotzadak, die hoofpriester en die gees van die volk wat oorgebly het, opgewek en hulle het gekom en gewerk aan die huis van יהוה-Tzva’ot, hulle God,
15. op die vier en twintigste dag van die sesde maand, in die tweede jaar van Daryavesh, die koning.