Genesis 9:19-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Hierdie drie was die seuns van Noag en vanaf hulle het hulle versprei oor die hele aarde.

20. Noag het begin om die grond om te ploeg en ’n wingerd geplant

21. en van die wyn gedrink, dronk geword en kaal in sy tent gelê.

22. Gam, die vader van Kena’an, het sy vader se skande gesien en dit vir sy twee broers buitekant gesê.

23. Shem en Yefet het ’n bo-kleed gevat en dit op hulle skouers gehou terwyl hulle agteruit loop en hulle het hulle vader se skande toegemaak: hulle gesig was agtertoe gedraai sodat hulle die skande van hulle vader nie gesien het nie.Lev 18:6,7

24. Noag het van sy wyn wakker geword en te wete gekom wat sy jonger seun aan hom gedoen het

25. en hy sê: “Vervloek is Kena’an! ’n Dienskneg van die diensknegte moet hy wees vir sy broers.”

26. Hy het ook gesê: “Geseënd is יהוה, die God van Shem, maar Kena’an moet sy dienskneg wees.

27. Mag God Yefet vergroot en mag hy woon in die tente van Shem, maar Kena’an moet sy dienskneg wees.”

28. Noag het ná die vloed drie honderd en vyftig jaar gelewe.

29. Al die dae van Noag was nege honderd en vyftig jaar en hy is dood.

Genesis 9