Genesis 8:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. God het Noag, alles wat lewe en al die vee wat saam met hom in die ark was, onthou en God het ’n wind oor die aarde laat waai sodat die water gesak het.

2. Die fonteine van die diep watermassas en die sluise van die hemel het ook toegegaan en die reën uit die hemel het opgehou.

3. Die water het aanhoudend teruggetrek van die aarde af en die water het verminder aan die einde van honderd en vyftig dae

4. en die ark het in die sewende maand, op die sewentiende dag van die maand, op die bergreeks van Ararat gerus.

5. Die water het geleidelik afgeneem tot die tiende maand toe. Op die eerste dag van die tiende maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.

6. Dit het gebeur dat, na veertig dae, Noag die venster van die ark wat hy gemaak het, oopgemaak

7. en ’n kraai uitgestuur het wat aanhoudend heen en weer gevlieg het totdat die water weggedroog het van die aarde af.

8. Toe het hy vir homself ’n duif laat wegvlieg om te sien of die water oor die aarde se oppervlakte verminder het,

9. maar die duif het geen rusplek vir die holte van haar voet gevind nie en na hom teruggekom in die ark, want die water was oor die hele aarde. Hy het sy hand uitgesteek en haar gegryp en in die ark by hom gebring.

10. Hy het weer sewe dae gewag en hy het die duif weer uit die ark uitgestuur.

11. Die duif het teen sonsondergang na hom toe gekom en let op, daar was ’n groen olyfblaar in haar bek! Noag het geweet dat die water oor die aarde verminder het.

Genesis 8