Genesis 5:18-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Toe Yered honderd twee en sestig jaar oud was, het hy die vader van Hanokh geword.

19. Yered het ná die geboorte van Hanokh nog agt honderd jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

20. Al die dae van Yered was nege honderd twee en sestig jaar en hy is dood.

Genesis 5