Genesis 5:14-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Al die dae van Kenan was nege honderd en tien jaar en hy is dood.

15. Toe Mahalal’el vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Yered geword.

16. Mahalal’el het ná die geboorte van Yered nog agt honderd en dertig jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

17. Al die dae van Mahalal’el was agt honderd vyf en negentig jaar en hy is dood.

18. Toe Yered honderd twee en sestig jaar oud was, het hy die vader van Hanokh geword.

19. Yered het ná die geboorte van Hanokh nog agt honderd jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad.

20. Al die dae van Yered was nege honderd twee en sestig jaar en hy is dood.

21. Toe Hanokh vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Metushelag geword.

22. Hanokh het ná die geboorte van Metushelag nog drie honderd jaar guns by God gevind en hy het seuns en dogters gehad.

23. Al die dae van Hanokh was drie honderd vyf en sestig jaar.

24. Hanokh het naby God geleef en hy het verdwyn, want God het hom weggevat.

25. Toe Metushelag honderd sewe en tagtig jaar oud was, het hy die vader van Lemekh geword.

Genesis 5