Genesis 43:6-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Yisra’el sê: “Waarom het julle so boos teenoor my opgetree deur die man te vertel dat julle nog ’n broer het?”

7. Hulle antwoord: “Die man het reguit uitgevra na ons en ons familie met die woorde: ‘Lewe julle vader nog? Het julle nog ’n broer?’ Ons het dit met ons mond bevestig. Kon ons enigsins weet dat hy sou sê: ‘Bring julle broer af’?”

8. Y’hudah sê aan sy vader Yisra’el: “Stuur die jongman saam met my; dan sal ons opstaan en gaan sodat ons kan leef en nie sterf nie; nie ons nie en ook nie u en ons kinders nie.

9. Ek sal self vir hom borg wees; van my hand sal u hom eis. As ek hom nie na u bring en voor u stel nie, sal ek vir ewig die skuld dra,

Genesis 43