Genesis 41:8-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Dié oggend was sy gees omgekrap en hy het gestuur en al die astroloë en al die geleerde manne van Mitzrayim laat roep en Farao het aan hulle sy drome vertel, maar nie een kon dit aan Farao uitlê nie.

9. Toe het die hoof van die skinkers met Farao gepraat en gesê: “Ek onthou my oortredinge op hierdie dag.

10. Toe Farao kwaad was vir sy diensknegte en my in bewaring gesit het in die huis van die bevelvoerder van die lyfwag, vir my en die hoof van die bakkers,

11. het ons elkeen in dieselfde nag ’n droom gehad, ek en hy; ons het elkeen ’n droom gedroom met sy eie betekenis.

Genesis 41