Genesis 40:20-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. Op die derde dag, die verjaarsdag van Farao, het dit gebeur dat hy ’n maaltyd vir al sy diensknegte voorberei het en die kop van die hoof van die skinkers en die kop van die hoof van die bakkers tussen sy diensknegte opgelig het.

21. Hy het die hoof van die skinkers herstel in sy skinkersamp en hy het die beker in die hand van Farao gegee,

22. maar die hoof van die bakkers het hy opgehang soos Yosef dit aan hulle uitgelê het.

23. Tog het die hoof van die skinkers nie aan Yosef gedink nie, maar hom vergeet.

Genesis 40