Genesis 36:31-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

31. Hierdie is die konings wat regeer het in die land Edom voordat enige koning regeer het oor die seuns van Yisra’el:

32. Bela, die seun van B’or, het regeer in Edom en die naam van sy stad was Dinhavah.

33. Ná die dood van Bela het Yovav, die seun van Zerag, van Botzrah, in sy plek regeer.

34. Ná die dood van Yovav het Husham, uit die land van die Temani, in sy plek regeer.

35. Ná die dood van Husham het Hadad, die seun van B’dad, wat Midyan doodgeslaan het in die velde van Mo’av, in sy plek regeer en die naam van sy stad was `Avit.

36. Ná die dood van Hadad het Samlah van Masrekah in sy plek regeer.

37. Ná die dood van Samlah het Sha’ul van Regovot, langs die rivier, in sy plek regeer.

Genesis 36