Genesis 35:6-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. So het Ya’akov dan in Luz, dit is Beit-El, aangekom wat in die land Kena’an is; hy en al die mense wat by hom was.

7. Hy het daar ’n altaar gebou en die plek El-Beit-El genoem, want daar het die Magtige God homself aan hom openbaar toe hy vir die teenwoordigheid van sy broer gevlug het.

8. D’vorah, Rivkah se oppasster, is dood en sy is begrawe onderkant Beit-El, onder die eikeboom. Hulle het dit Alon-Bakhut genoem.

Genesis 35