Genesis 32:19-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Hy het ook bevel gegee aan die tweede en aan die derde en aan almal wat agter die troppe geloop het en gesê: “Net so moet julle `Esav antwoord as julle hom ontmoet;

20. julle moet sê: ‘Let op, u dienskneg Ya’akov kom ook agter ons aan’,” want hy het gedink: laat ek hom tevrede stel met die geskenk wat voor my uit gaan en daarna, as ek sy gesig sien, miskien sal hy my aanvaar.

21. So het die geskenk voor hom uitgegaan, maar hy self het dié nag in die kamp gebly.

Genesis 32