14. en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde en jy sal uitbrei na die weste en die ooste en na die noorde en die suide en in jou en jou Saad sal al die families van die aarde geseën wees.Gen 12:2-3; Gen 22:18; Gen 26:4
15. Let op, Ek is by jou en Ek sal jou beskerm oral waar jy heengaan en Ek sal jou terugbring in hierdie land, want Ek sal jou nie verlaat nie totdat Ek gedoen het wat Ek vir jou gesê het.”
16. Ya’akov word uit sy slaap wakker en sê: “Waarlik, יהוה is op hierdie plek en ek het dit nie geweet nie.”
17. Hy het bang geword en gesê: “Hoe vreeslik is hierdie plek! Hierdie is niks anders as ’n huis van God nie en hierdie is die hek van die hemel.”
18. Ya’akov het vroeg die oggend opgestaan, die klip gevat wat hy onder sy kop gesit het, dit opgerig as ’n pilaar en olie daaroor uitgegooi.
19. Hy het die plek Beit-El genoem, maar die naam van die stad was tevore Luz.
20. Ya’akov het ’n belofte gemaak en gesê: “As God by my sal wees om my te beskerm op hierdie pad wat ek gaan en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek
21. en ek in vrede na die huis van my vader sal terugkom, dan sal יהוה my God wees
22. en hierdie klip wat ek as pilaar opgerig het, sal ’n huis van God wees en van alles wat U my gee, sal ek ’n tiende as tiende aan U gee.”