Genesis 22:18-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. en in jou SaadGen 3:15 sal al die nasies van die aarde geseën word omdat jy My stem gehoorsaam het.’”Hand 3:25; Gal 3:8,16

19. Avraham het na sy jong diensknegte toe teruggekeer en hulle het opgestaan en saam na Be’er-Sh’va gegaan en Avraham het in Be’er-Sh’va gebly.

20. Ná hierdie dinge het hulle aan Avraham berig gebring en gesê: “Let op, Milkah het ook geboorte gegee aan seuns vir jou broer Nagor:

21. Utz, sy eersgeborene, Buz, sy broer, K’mu’el, die vader van Aram,

22. Kesed, Hazo, Pildash, Yidlaf en B’tu’el.

23. B’tu’el was die vader van Rivkah. Milkah het aan hierdie agt geboorte gegee vir Nagor, die broer van Avraham.

24. Sy byvrou, met die naam van Re’umah, het ook geboorte gegee aan Tevag, Gagam, Tagash en Ma’akhah.

Genesis 22