3. Avraham het sy seun wat vir hom gebore is, aan wie Sarah vir hom geboorte gegee het, Yitz’gak genoem.
4. Avraham het sy seun Yitz’gak besny toe hy agt dae oud was, soos God hom beveel hetYog 7:22
5. en Avraham was honderd jaar oud toe sy seun Yitz’gak vir hom gebore is.
6. Sarah het gesê: “’n Vreugde het God vir my gemaak; elkeen wat dit hoor, sal saam met my verheug wees.”
7. Sy het ook gesê: “Wie kon vir Avraham gesê het dat Sarah kinders sal borsvoed, want ek het vir hom in sy oudag geboorte gegee aan ’n seun.”
8. Die seun het opgegroei en is gespeen en Avraham het ’n groot feesmaal voorberei op die dag toe Yitz’gak gespeen is.