Genesis 15:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ná hierdie dinge het die boodskap van יהוה tot Avram gekom in ’n visioen en gesê: “Moenie bang wees nie, Avram, Ek is vir jou ’n Skild en jou beloning sal uitermate groot wees.”

2. Avram vra: “יהוה-God wat sal U my gee aangesien ek sonder kinders doodgaan en die seun van die erfgenaam van my huis is hierdie Eli’ezer van Dammesek?”

3. Verder het Avram gesê: “U het nie vir my ’n nageslag gegee nie en let op, ’n seun wat in my huis gebore is, is my erfgenaam.”

4. “Let op,” sê יהוה vir hom, “hierdie man sal nie jou erfgenaam wees nie, maar een wat uit jou eie liggaam sal kom, hy sal jou erfgenaam wees.”Hand 7:5

Genesis 15