Genesis 13:11-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Lot het vir hom die hele Yardenstreek gekies en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan van mekaar geskei.

12. Avram het aangehou bly in die land Kena’an en Lot het gaan woon in die stede van die Yardenstreek en sy tente tot sover as by S’dom opgeslaan.

13. Die manne van S’dom was uitermate boos en sondig voor יהוה.

14. Nadat Lot van hom geskei het, sê יהוה vir Avram: “Lig nou jou oë op en kyk vanaf die plek waar jy staan na die noorde, die suide, die ooste en die weste,

15. want al die land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid

16. en Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde sodat as iemand die stof van die aarde kon tel, jou nageslag ook getel kon word.Hand 7:5

17. Staan op, gaan die land deur in sy lengte en sy breedte, want Ek sal dit aan jou gee.”

18. Toe het Avram sy tente geskuif en gaan bly by die Eikebome van Mamre, wat by Hevron is en hy het daar vir יהוה ’n altaar gebou.

Genesis 13