1. Avram het uit Mitzrayim na die Negev opgetrek; hy, met sy vrou en al sy besittings en Lot saam met hom.
2. Avram was baie ryk aan vee, silwer en goud.
3. Hy het van plek tot plek vanuit die Negev deurgetrek tot by Beit-El, na die plek waar sy tent in die begin gestaan het, tussen Beit-El en `Ai,
4. na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het en Avram het daar die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה aangeroep.
5. Lot, wat saam met Avram getrek het, het ook groot troppe kleinvee, beeste en tente gehad
6. en die land kon hulle nie dra om saam te bly nie, want hulle besittings was baie sodat hulle nie saam kon bly nie.
7. Daar was ’n geskil tussen Avram en Lot se veewagters en verder het die Kena’aniete en P’risiete toe ook in die land gebly.
8. Toe sê Avram vir Lot: “Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is tog broers.
9. Lê die hele land nie voor jou nie? Skei jou nou van my af; as jy links gaan, dan sal ek regs gaan en as jy regs gaan, dan sal ek links gaan.”
10. Lot slaan sy oë op en sien dat die hele Yardenvallei oral baie water het. Voordat יהוה S’dom en `Amorra verwoes het, was dit soos die tuin van יהוה, soos Mitzrayim in die rigting van Tzo’ar.
11. Lot het vir hom die hele Yardenstreek gekies en Lot het na die ooste weggetrek. So het hulle dan van mekaar geskei.