Genesis 10:10-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Die begin van sy ryk was Bavel, Erekh, Akkad en Kalneh in die land Shin’ar.

11. Vanuit Shin’ar het hy uitgetrek na Ashur en Ninveh gebou, asook die stede Regovot, Kelag

12. en Resen, tussen Ninveh en Kelag, wat ’n groot stad was.

13. Mitzrayim was die vader van die Ludiete, `Anamiete, L’haviete, Naftugiete,

14. die Patrusiete, Kaftoriete en Kaslugiete; waaruit die F’lishtyne voortgekom het.

15. Kena’an was die vader van Tzidon, sy eersgeborene, Het,

16. die Y’vusiete, Emoriete, Girgashiete,

17. die Hiviete, `Arkiete, Siniete,

18. die Arvadiete, Tz’mariete en Hamatiete. Daarna is die families van die Kena’aniete versprei.

Genesis 10