Genesis 10:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die nageslag van die seuns van Noag: Shem, Gam en Yefet; daar is vir hulle seuns gebore ná die vloed.

2. Die seuns van Yefet was: Gomer, Magog, Madai, Yavan, Tuval, Meshekh en Tiras.

3. Die seuns van Gomer was: Ashkenaz, Rifat en Togarmah.

4. Die seuns van Yavan was: Elíshah, Tarshish, die Kittiërs en Dodaniete.

5. Vanuit hierdie is die streke van die nasies verdeel in hulle lande, elkeen volgens sy taal, volgens hulle families, volgens hulle nasies.

6. Die seuns van Gam was: Kush, Mitzrayim, Put en Kena’an.

Genesis 10