Genesis 10:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die nageslag van die seuns van Noag: Shem, Gam en Yefet; daar is vir hulle seuns gebore ná die vloed.

2. Die seuns van Yefet was: Gomer, Magog, Madai, Yavan, Tuval, Meshekh en Tiras.

3. Die seuns van Gomer was: Ashkenaz, Rifat en Togarmah.

4. Die seuns van Yavan was: Elíshah, Tarshish, die Kittiërs en Dodaniete.

5. Vanuit hierdie is die streke van die nasies verdeel in hulle lande, elkeen volgens sy taal, volgens hulle families, volgens hulle nasies.

Genesis 10