Filippense 1:24-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. maar ek word ook gedring om in my liggaam te bly, ter wille van julle

25. en dit weet ek verseker, dat ek sal bly en by julle almal sal wees, vir julle blydskap en vir julle groei in vertroue.

26. Wanneer ek weer na julle toe kom sal ek julle roem, in Die Gesalfde Een, Yeshua alleen, oorvloedig kan maak.

27. Wees gelei soos dit die goeie boodskap van Die Gesalfde Een pas sodat, of ek kom en julle sien en of ek afwesig is en van julle omstandighede hoor, dat julle in een gees en in een denke, wil en emosie staan en julle algemeen bekend is as één in die vertroue van die goeie boodskap

28. en julle in niks rondgeskud sal word deur hulle wat ons teëstaan nie; as ’n demonstrasie van hulle vernietiging, maar van júlle lewe.

Filippense 1