Filemon 1:2-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. aan Apfia, vir wie ons lief is, aan Argippos, ons medewerker en aan die gemeente wat in jou huis is:

3. onverdiende guns vir julle en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van God-ons-Vader en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

4. Ek dank my God elke keer wanneer ek jou in my gebede onthou,

5. vandat ek van jou liefde en vertroue gehoor het, wat jy teenoor ons Meester, Yeshua en teenoor al die afgesonderdes het,

Filemon 1