`Ezra 3:4-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. en hulle het die Sukkot (Huttefees) gehou soos geskryf staan en die daaglikse brandoffers volgens die getal gebring, volgens die instelling, volgens die daaglikse vereiste;

5. daarna die voortdurende brandoffer, beide van die Nuwemane en van al die feeste van יהוה wat afgesonder is en van elkeen wat aan יהוה ’n vrywillige offer gebring het.

6. Vanaf die eerste dag van die sewende maand het hulle begin om brandoffers aan יהוה te offer, maar die fondament van die tempel van יהוה was nog nie gelê nie.

7. Hulle het geld gegee aan die klipkappers en die skrynwerkers en aan die manne van Tzidon en Tzor het hulle kos, drank en olie gegee om sederhout per see vanaf die L’vanon te bring, na Yafo, volgens die toegewing van Koresh, koning van Perse, aan hulle.

`Ezra 3