52. die seuns van Batzlut, die seuns van M’gida, die seuns van Harsha;
53. die seuns van Barkos, die seuns van Sisra, die seuns van Temag;
54. die seuns van N’tziag, die seuns van Hatifa;
55. die seuns van die diensknegte van Shlomo: die seuns van Sotai, die seuns van Hassoferet, die seuns van P’ruda;
56. die seuns van Ya’alah, die seuns van Darkon, die seuns van Giddel;
57. die seuns van Sh’fatyah, die seuns van Hattil, die seuns van Pokheret-Hatzvayim, die seuns van Ami,
58. al die tempelknegte en die seuns van die diensknegte van Shlomo was drie honderd twee en negentig.
59. Hierdie is hulle wat uit Tel-Melag, Tel-Harsha en K’ruv opgetrek het, maar nie verseker hulle familie en hulle afkoms kon aanwys, of hulle vanuit Yisra’el is nie:
60. die seuns van D’layah, die seuns van Toviyah, die seuns van N’koda, ses honderd twee en vyftig.
61. Van die seuns van die priesters: die seuns van Havayah, die seuns van Hakkotz, die seuns van Barzillai, wat uit die dogters van Barzillai, die Gil’adiet, ’n vrou gevat het en na hulle vernoem is.
62. Hulle het hul registers gesoek tussen die wat as voorgeslag erken is, maar dit is nie gevind nie; daarom is hulle vrygestel van die priesterskap.
63. Die leiers van Yisra’el het vir hulle gesê dat hulle nie mag eet van die mees afgesonderde dinge nie totdat ’n hoofpriester sou opstaan en navraag doen met urim en tummim.
64. Die hele vergadering saam was twee en veertig duisend drie honderd en sestig,
65. behalwe hulle slawe en hulle slavinne, waarvan daar sewe duisend drie honderd sewe en dertig was en hulle wat met sang bedien het, twee honderd sangers en sangeresse.
66. Hulle perde was sewe honderd ses en dertig; hulle muile, twee honderd vyf en veertig;
67. hulle kamele, vier honderd vyf en dertig; hulle donkies, ses duisend sewe honderd en twintig.
68. Sommige van die hoofde van die vaders het, toe hulle by die huis van יהוה kom wat in Yerushalayim is, hulle vrywillig beskikbaar gestel vir die huis van God, om dit weer op te rig op sy plek.
69. Hulle het volgens hulle vermoë gegee vir die befondsing van die werk: een en sestig duisend drams (0,6 ton) goud, vyf duisend manim (net meer as 3 ton) silwer en ’n honderd kledingstukke vir die priesters.
70. So het dan die priesters, die Leviete, sommige van die volk, die sangers, die poortwagters, die tempelknegte en hulle wat in die stede woon na hulle plekke teruggekeer en die hele Yisra’el na hulle stede.