18. Hierdie selfde dag nog sal al die prinsesse van die Perse en die Mede, wat van die daad van die koningin gehoor het, dit aan al die prinse van die koning vertel. So sal daar baie veragting en woede wees!
19. As dit die koning tevrede stel, laat daar ’n koninklike bevel van hom af uitgaan en geskryf word in die wette van die Mede en die Perse sodat dit nie verander kan word nie dat Vashti, die koningin, nie meer na koning Agashverosh mag kom nie en laat die koning haar koninklike posisie gee aan ’n ander wat beter is as sy
20. en die koning se bevel moet verkondig en publiseer word in sy hele koninkryk, want dit is groot sodat alle vroue, groot en klein, aan hulle mans eer sal betoon.”