Eksodus 6:2-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. God het met Moshe gepraat en vir hom gesê: “Ek is יהוה.

3. Ek het aan Avraham, aan Yitz’gak en aan Ya’akov verskyn as El-Shaddai (Die Magtige God wat meer as genoeg is) en was Ek nie met My Naam, יהוה, aan hulle bekend nie?

4. Ek het ook My verbond met hulle vasgestel om aan hulle die land Kena’an te gee, die land waarin hulle as besoekers gebly het

5. en Ék het ook die gesug van die seuns van Yisra’el gehoor wat deur die Mitzrayiete in slawerny gehou word en Ek het My verbond onthou.

6. Sê daarom vir die seuns van Yisra’el: ‘Ek is יהוה en Ek sal julle onder die las van die Mitzrayiete uitbring en julle red uit hulle slawerny. Ek sal julle loskoop deur ’n uitgestrekte arm en deur groot oordele.Hand 13:17

Eksodus 6