Eksodus 39:6-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Hulle het ook die oniksstene gemaak, vasgesit in monteerrame van goud, gegraveer, soos wat op ’n seëlsteen uitgesny word, met die name van die seuns van Yisra’el

7. en hy het hulle op die skouerstukke van die skouerkleed vasgesit as herinneringstene vir die seuns van Yisra’el, soos יהוה Moshe beveel het.

8. Hy het ook die borsplaat van kunstige werk gemaak, soos die werk van die skouerstuk; van goud, blou, pers en bloedrooi materiaal en wit geweefde linne.

9. Hulle het die borsplaat vierkantig gemaak deur dit dubbel te vou; sy lengte ’n span en sy breedte ’n span as dit dubbel gevou is

10. en hulle het vier rye stene daarin geset: ’n ry met ’n robyn, ’n topaas en ’n smarag was die eerste ry.

11. Die tweede ry ’n turkoois, ’n saffier en ’n diamant,

12. die derde ry ’n hiasint, ’n agaat en ’n ametis

13. en die vierde ry ’n beril, ’n oniks en ’n jaspis. Hulle is vasgesit en in goue monteerrame geset.

Eksodus 39