Eksodus 37:15-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Hy het ook die pale van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek om die tafel mee te dra.

16. Hy het die bybehore, wat op die tafel moet wees, van suiwer goud gemaak: sy skottels, sy rookpanne, sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word.

17. Hy het ook die lampstaander van suiwer goud gemaak. Van slaanwerk het hy die lampstaander uit een stuk gemaak; sy voetstuk, sy stam, sy kelkies, sy knoppe en sy blomme.

18. Ses arms het uit die sykante uitgegaan: drie arms van die lampstaander uit die een kant en drie arms van die lampstaander uit die ander kant.

19. Daar was drie houers, gevorm soos amandelbloeisels, ’n knop en ’n blom aan die een arm en drie houers, gevorm soos amandelbloeisels, ’n knop en ’n blom aan die ander arm; dieselfde aan die ses arms wat uit die lampstaander uitgaan.

Eksodus 37