Eksodus 36:21-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Die plank se lengte was tien el en die breedte van elke plank was een en ’n half el.

22. Elke plank het twee tappe gehad wat met mekaar verbind was. So het hy al die planke van die tabernakel gemaak.

23. Hy het die planke vir die tabernakel gemaak: twintig planke vir die suidekant.

24. Hy het veertig silwer voetstukke onder die twintig planke gemaak: twee voetstukke onder die een plank vir sy twee tappe en twee voetstukke onder die ander plank vir sy twee tappe.

25. Hy het ook vir die ander sykant van die tabernakel, aan die noordekant, twintig planke gemaak,

26. met hulle veertig silwer voetstukke: twee voetstukke onder die een plank en twee voetstukke onder die ander plank.

27. Vir die agterkant van die tabernakel, aan die westekant, het hy ses planke gemaak.

28. Hy het ook twee planke vir die hoeke van die tabernakel aan die agterkant gemaak.

29. Hulle was aan die onderkant en aan die bokant met ’n ring aanmekaar vas. So het hy altwee gemaak vir die twee hoeke.

30. Daar was dus agt planke met hulle silwer voetstukke: sestien voetstukke; twee voetstukke onder elke plank.

31. Hy het ook pale van akasiahout gemaak: vyf vir die planke van die een sykant van die tabernakel

32. en vyf pale vir die planke van die ander sykant van die tabernakel; ook vyf pale vir die planke van die agterkant van die tabernakel aan die westekant.

33. Hy het die middelste balk gemaak om van kant tot kant te loop, in die middel van die planke, van die een ent na die ander.

Eksodus 36