Eksodus 36:16-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. En hy het vyf van die gordyne afsonderlik aan mekaar gewerk en ses van die gordyne afsonderlik.

17. Hy het vyftig lissies gemaak aan die soom van die laaste gordyn van die een stel en vyftig lissies het hy gemaak aan die soom van die laaste gordyn van die tweede stel.

18. Hy het ook vyftig koper hakies gemaak om die tent aan mekaar vas te sit sodat dit een geheel was.

19. Hy het ook vir die tent ’n bedekking van rooi gekleurde ramsvelle gemaak en daar bo-oor ’n bedekking van dugongvelle.

Eksodus 36