Eksodus 36:13-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Hy het ook vyftig goue hakies gemaak en die gordyne aan mekaar vasgesit met die hakies sodat die tabernakel een geheel was.

14. Hy het gordyne van bokhaar gemaak as ’n tentseil oor die tabernakel: hy het elf gordyne gemaak.

15. Die lengte van elke gordyn was dertig el en die breedte van elke gordyn vier el: die elf tentdoeke het een maat gehad.

16. En hy het vyf van die gordyne afsonderlik aan mekaar gewerk en ses van die gordyne afsonderlik.

Eksodus 36